
So baie keer vind ons onsself uitgeput en moeg. Alles voel te veel en te swaar, die lewe druk, verantwoordelikhede pla en almal wil iets van jou af hê. Dit voel soms… wanneer is dit nou genoeg, wanneer kry ons ‘n rus kans.
Ek lees hierdie twee skrifte en besef net weer. Ons vergeet so maklik dat God is ons bron. Nie net ‘n bron van finansies nie, ons dink so maklik dat God ‘n ATM is wat elke keer net vir ons moet geld gee. God is ons bron vir ALLES. Hy is ons bron van wysheid, insig, krag. Ons vergeet net hoe om dit te access.
Ons vergeet dat Hy vir ons gesê het, die wat op die Here wag kry nuwe krag. Ons vergeet dat ons eerste die koninkryk moet soek en al hierdie dinge sal vir ons bygevoeg word. Ons vergeet dat Hy weet wat ons nodig het, ons Pappa weet ons moet eet en rus en klere hê om aan te trek.
Hy sal ons sterkte gee, Hy sal ons lei… as ons Hom toelaat.
Sit vandag en gaan maak daai besluit om alles oor te gee aan God. Hy weet wat die toekoms hou. Ek sal eerder my lewe in Sy hande sit, Hy weet wat kom as wat ek in die donker rond tas en probeer uitfigure watter kant toe om te gaan.