Try Him

Ooooooh ons wil so graag in beheer wees en SELF. As ek kyk na my kinders toe hulle by die kleuter stadium kom. Alles is … EK WIL SELF!!!

Ek wil self aantrek, ek wil self my tande borsel, ek wil self my skoene aantrek, ek wil self my ding doen. Dan tog te vinnig raak hulle gefrustreerd wanneer hulle dit nie SELF regkry nie. Wanneer hulle sukkel want hulle het nog nie die vaardighede om te kan doen wat hulle so graag self wil doen nie.

Is dit nie tog wat ons as kinders van die Here doen nie? Ons gaan deur die lewe en wil self besluite maak, self ons gemors wat ons self gemaak het probeer reg maak. Self, self, self en dan, wanneer alles uitmekaar val skree ons… WAAR IS U HERE? Hoekom fix U nie hierdie ding nie?

Dit is omdat ons wou self. God het ons ons eie wil gegee. Hy het ons die keuse gegee om Hom te kies of om aan te gaan volgens die dinge van die wêreld. Ons kan nie besluit ons wil self en vir Hom kwaad wees as ons dinge flop nie.

Kom ons leer die les en gee oor en roep Hom aan. Al het ons alles wou self en alles verbrou en opgemors, dan kom Hy en maak ‘n weg waar ons nie gedink het ‘n weg is nie. Hy gebruik dit wat bedoel is om ons skade te doen en werk dit ten goede.

Gee oor aan Hom 100%, jy het mos nou self probeer en gesien dit werk nie.