Ek kan alles doen met God aan my kant.

Vandat ek ‘n teen (of tween) was het hierdie skrif vir my gefassineer. Met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur.

Ek het nog altyd in my ‘imagination’ gesien hierdie regte skermunkel bende (soos in die 80’s movies). Die spul manne met bandennas, tattoos op die wang, die wat kougom kou asof daai ding al weke lank in die mond is en hard gekou is. Knipmesse uit in ‘n donker stegie. Hier kom ek, klein meisietjie en hardloop tussen hulle in met my God en hulle spat uitmekaar soos kegels (bowling pins).

Nou dat ek nie meer so ‘n klein meisietjie is nie besef ek die bende wat ek in my verbeelding gesien het in die donker stegie kan baie keer die moeilike tye van die lewe wees. Daai donker dae wat jou in die gesig staar, vir jou knipoog en met ‘n skewe mond lag.

Dit voel intimedeerend en dan sien ek my God wat soos ‘n reuse vuishou kom en die spul probleme ‘n uitklophou gee. Dan spring ek met Hom oor daai muur wat ek gevoel het te hoog en te groot vir my is.

Hy gee my die vlerke soos die van ‘n arend.

Kom ons onthou wie ons is in Hom en wandel naby Hom. Onthou daardie kinderlike geloof waar jou pappa die sterkste en slimste is. Want ons hemelse Pappa is.