
In vandag se wêreld is dit so maklik om te voel, ek is nie genoeg nie, ek kom nie die mas op nie. Ons voel so maklik verstote en een kant gegeooi, die harde dinge van die lewe voel of ons verdrink en soms voel dit of ons deur ‘n vuur oond gaan.
Dan kom Hy en sê: Wees nie bevrees nie, want EK het jou verlos, Ek het jou by jou naam geroep, jy is myne!
Hy het ons lief, Hy wil ons hê, Hy wil ons red. As ons deur die reviere gaan sal hulle nie ons oorstroom nie en deur die vuur sal dit jou nie skroei nie.
Hoe amazing, Hy het geweet dat ons deur rowwe goed gaan gaan. Hy het geweet ons gaan voel of ons verdrink soms of deur ‘n vuur loop. Hy is by ons, Hy red ons, Hy help ons.
Dankie Here!!!