Home / About

Wie is ons?

Ek is Riette Hauptfleisch, ‘n mamma van 3 pragtige seuntjies met ‘n diep liefde vir die Here. Ek is getroud met ‘n amazing man wat my ondersteun en bystaan om hierdie passie te deel.

Met drie jong seuntjies wat ons volgens die woord en in God se waarheid wil groot maak het ek gaan soek na iets in Afrikaans wat ek kan gebruik. In daardie selfde tyd begin ek sondagskool (kinder kerk) aanbied en ek besef toe dat die materiaal beskikbaar net die kleintjies besig hou en nie vir hulle leer van wie ons Hemelse Vader is nie.

God het dit op my hart gesit om vir die kindertjies van die dorp te leer wie Hy regtig is. Ek het begin materiaal uit die woord kry en skryf op ‘n manier wat die kleintjies (4-8) en groter kinders (9-13) kan verstaan en vir hulle lewend is.

Ek besef die behoefte is groter as net ons dorp en gemeente en het na lank bid hierdie webtuiste begin waar ek die materiaal gratis beskikbaar maak.

Gaan subscribe asb op hierdie web blad asook op ons youtube dan hoor jy dadelik van nuwe lessies wat gelaai is.


God seën jou.